Testamente van die Twaalf Stamvaders

'n Engelse uitgawe van 1917 van die Testamente van die Twaalf Stamvaders.

Die Testamente van die Twaalf Stamvaders is deel van die apokriewe boeke wat met die Bybel verbind word. Dit handel oor die sterwenswense van die twaalf seuns van Jakob. Dit was deel van die Oskan- Armeense Ortodokse Bybel van 1666. Fragmente van soortgelyke geskrifte is by Qumran ontdek, maar daar is verskillende menings oor of hulle dieselfde tekste is. Dit word algemeen beskou as openbarende (voorspellende) geskrifte.

Die testamente is oorspronklik in Hebreeus of Grieks geskryf en het hulle finale vorm in die 2de eeu n.C. aangeneem. In die 13de eeu is hulle aan die Westerse wêreld bekend gestel deur die agentskap van Robert Grosseteste, die biskop van Lincoln, wie se Latynse vertaling van die werk dadelik gewild geraak het. Hy het geglo dit was werklik die werk van die twaalf seuns van Jakob, en dat dele wat later ingevoeg is, ware Joodse profesieë bevat;[1] hy het die Jode daarvan beskuldig dat hulle die testamente weggesteek het "oor die profesieë van die Redder wat daarin voorkom".

Met die kritiese metodes van die 16de eeu is Grosseteste se siening verwerp en die boek is vir byna vier eeue afgeskiet as 'n Christelike vervalsing.[2] Geleerdes verskil steeds oor of dit 'n oorspronklik Joodse dokument is wat deur Christene aangepas is, en of dit 'n Christelike dokument is wat oorspronklik in Grieks geskryf is maar geskoei is op vroeëre materiaal in 'n Semitiese taal.[3] Hulle is geneig om dit as 'n Christelike werk te hanteer, of daar 'n ouer Joodse weergawe is of nie.

  1. Charles, Robert Henry (1908). The Testaments of the Twelve Patriarchs, with introduction, notes, and indices. Londen: Adam and Charles Black.
  2. Charles, Robert Henry. Testaments of the Twelve Patriarchs. Vol. 26. pp. 666–668. This article, written by the author of the Encyclopædia Britannica, contains a detailed exegesis of the Testaments.
  3. J. Davila. "A Difficult Case: The Testaments of the Twelve Patriarchs Geargiveer 1 Julie 2016 op Wayback Machine." Summary of lecture delivered on Feb. 20, 1997. Accessed March 10, 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search